
Die intieme, grensverskuiwende teaterervaring

DEURnis in digitale formaat!
Die een-tot-een ervaring – waar jy ookal is.
Geen huidige optredes
Lees meer hier
Wat is DEURnis?
DEURnis is grensverskuiwende teater waar die gehoorlid letterlik deel word van die teaterervaring (immersive theatre). Die produksies is plekspesifiek en speel af binne en rondom 'n huis of gebou.
​
DEURnis een-tot-een behels een akteur en een gehoorlid op 'n slag – dus baie intieme teater, waar die akteur aangesig-tot-aangesig is met die gehoorlid.
​
​Die titel van die projek, DEURnis, is ‘n samevoeging van die woorde “DEUR” en “deernis”. Aan die anderkant van die deur wat lei na die toneel kan die gehoorlid ‘n stuk verwag wat met deernis en gestroopte eerlikheid vertel word terwyl dit emosionele en sosiale vraagstukke aanspreek.
​
DEURnis is onder meer in 2018 bekroon met die kykNET Blou Fiësta-toekenning vir die innoverende wyse waarop die teatergrense beproef.

Ervaar DEURnis digitaal
nou in 'n virtuele formaat!

Geen huidige optredes
DEURnis een-tot-een teater maak nou ook die sprong na 'n digitale formaat, sodat mense dit virtueel enige plek kan ervaar, ten spyte van enige sosiale afstand of inperking.
​
Elke produksie is steeds tussen 15-20 minute lank en regstreeks ("live") tussen een gehoorlid en een akteur. Die ervaring sal egter digitaal wees, waar die gehoorlid die stuk op sy of haar selfoon of rekenaar kan ervaar. Goeie selfoonopvangs en genoeg data (of betroubare wifi) is van die voorvereistes om die ervaring so glad as moontlik te laat verloop.
Vir DEURnis digitaal word produksies nie soos oudergewoonte in pakette saamgevoeg nie, maar die gehoorlid moet 'n aparte kaartjie koop vir elke stuk. Kaartjies kos R80 per produksie. Nuwe stukke sal bygevoeg word soos die projek vorder. Volg ons Facebook-bladsy om op datum te bly!
​
​
Vorige Produksies
DEURnis digitaal 2020
![]() |
---|
@wiesjouwihan
Vandag is die flymskerp Youtuber, Wihan, se agtiende verjaarsdag en hy is in rou. Die boksies wat met grootword kom is vir hom eenvoudig een te veel. Boonop is sy kykers vandag ekstra bekkig. Wanneer die tonge ’n bietjie te seer begin klap, ontrafel dinge vinnig…
Met Wian Coetzee
Teks en regie:
Marista van Eeden
![]() |
---|
Match
Tersius is blind en besig om reg te maak vir sy eerste afspraak met ‘n vrou wat hy baie van hou. Hy wil haar beïndruk met sy gunsteling Hibiskus-patroon hemp, maar dis skoonveld ná ‘n “goeie Samaritaan” sy wasgoed gekreukel en klam by hom aflaai het. Tersius reik uit na ‘n vreemdeling deur sy Be My Eyes app wat blindes met ander verbind in tye van nood. Gaan jy kan help?
Met Ben Pienaar
Teks en regie:
Henque Heymans
![]() |
---|
War
​There is a war now, right? Here. Now. On earth. But there are no guns, no airplanes or soldiers. No, this is a different kind of war. There is an enemy, but we can not see it with the naked eye.
Script and performance by Renos Nicos Spanoudes
Directed by Johan van der Merwe
![]() |
---|
Witvlag
‘n Jong hart. ‘n Optog deur die are. ‘n Kind met wortels in vandag. Stoei met die onbeantwoordbare, en die plek van liefde is die nag. “Ek wil net hê jy moet luister, want as ek dit nie sê nie, vir iemand sê nie, gaan die waarheid ander paadjies uit my lyf uit soek.”
​
Met Ben Pienaar
Teks en regie:
Nico Scheepers
![]() |
---|
Leila
Leila... Grendeltyd dryf ‘n aktrise tot desperaatheid. Wat is sy bereid om te doen om te oorleef as fantasie en fetish al is wat oorbly?
​
Met Zelda Roelofs
Teks: Braam van der Vyver
Regie: Lihan Pretorius
Vorige speelvakke

2016
Pretoria (Sense Day Spa)

2015
Pretoria (HAP)

2017
Aardklop Kunstefees

2018
Vrystaat Kunstefees

2018
Pretoria (Lucit)

2018
Aardklop Kunstefees

2019
US Woordfees

2019
National Arts Festival

2019
Wrensch House (Kaapstad)
